Lindsay.com Menu

Lindsay Africa Afrikaans Language Website

Lindsay Africa, 'n volfiliaal van Lindsay Corporation, is gedurende 2002 in Suid-Afrika gestig. Die doel hiervan was om 'n vervaardigingsaanleg hier te vestig, asook 'n platvorm vanwaar Lindsay die Sub-Sahara Afrika streek kan bedien. Die eerste aanleg was in Stikland Industrieël in Kaapstad geleë, waarna dit na die Paarl verskuif het, toe na Kraaifontein en weer gedurende Desember 2014, na die huidige perseel te Bellville-Suid.  Lindsay Africa (LA) is verantwoordelik vir die vervaardiging, bemarking en verspreiding van Lindsay-produkte in Sub-Sahara Afrika.

LA se huidige fasiliteit bestaan uit ‘n vervaardigingsaanleg, pakhuis en kantore wat tesame sowat 26,000m² in totaal beslaan. Lindsay Africa was die tweede Lindsay-fasiliteit buite die VSA, naas dié in Europa. Die verkoopskantoor beskik oor die vermoë om gebruiksklaarstelsels te ontwerp en te verskaf, van pomp tot spilpunt.

Hoewel LA eers gedurende 2002 gestig is, word “Zimmatic deur Lindsay” spilpunte reeds sedert die vroeë 1970's in Afrika verkoop. Daar is Zimmatic-handelaars dwarsoor die Afrika kontinent, met die grootste konsentrasie in Suid-Afrika. Hierdie handelaars is opgelei om verkopedienste aan te bied, oprigting te doen, asook na-verkope diens te verskaf en hulle hou ook vooraad van belangrike onderdele aan. Linsay spilpunte kan regdeur die streek gevind word.