Lindsay.com Menu

9500P

Die Zimmatic® 9500-reeks neem die voortou in die bedryf met duursame ontwerp en werkverrigting. Die 9500 is vir die mees geharde omgewings en terreine ontwerp.  Geen ander handelsmerk het groter, sterker toringbene of 'n dikker pyp-wand nie. Van die stewige konstruksie tot die innoverende struktuur en komponente, bied hierdie masjien betroubaarheid –  seisoen ná seisoen. Die besproeiingstelsels bied konsekwent, bewese resultate in wisselende terrein- en gewassituasies en is gebou om selfs in die mees uitdagende omgewings, probleemvrye werking te bied. Kies jou spilpunt, oorspanne, toringstruktuur, voerlyn, beheerpaneel en bykomstighede vir ’n pasgemaakte stelsel.  Daar is geen beperking op masjienlengte nie, dus kan jy die oorspan en masjienlengte kies wat reg is vir jou landerye.

 

Dikker pyp

Meer as 10% dikker pyp-wand as dié van die mededingers se beste aanbiedings, wat bykomende krag en stabiliteit beteken – die beste in die bedryf.





Unieke volvloei-versamelaarring

Die versamelaarring word aan die buitekant gemonteer om watervloeibeperking uit te skakel – ’n beduidende voordeel bo die interne ontwerpe van ander besproeiingstelsels. Die eenheid is heeltemal met veselglas bedek en het tweeledige glykontakte wat ononderbroke krag verseker.

 

9500P

Waterdigte seël

Gevormde sproeier-uitlaatpunte is deel van die pyplyn, wat verseker dat drade presies pas vir ’n waterdigte seël.  Tradisioneel gelaste koppelings kan tot lekke en roes lei.

9500P

Eksklusiewe Uni-Knuckle-oorspankoppeling

Eksklusiewe Uni-Knuckle-oorspankoppeling het komponente wat aan die buitekant gemonteer word om vloeibeperking uit te skakel.

9500P

Toringhoogte-opsies

Die gesogte 9500P bied die meeste toringhoogte-opsies van enige Zimmatic-besproeiingstelsel. Jy kan dus die toringhoogte kies wat by enige gewas pas – van mielies tot suikerriet: laag (A), standaard (B), medium (C), hoog (D) en ultra-hoog (E). Sterk spilpunte met warm-gedompelde gegalvaniseerde staalbene en swaardiens-kruisraamdele vorm ’n sterk fondament.