Lindsay.com Menu

Aartappels

Aartappels is ’n belangrike kontantgewas wat nie teen waterstres bestand is nie. Knolmarkgraad, knolspesifieke gewig en knolverwerkingsgehalte vir aartappelskyfies word alles deur waterstres beïnvloed wanneer knolle vermeerder.

  • Te min besproeiing lei tot verlies aan knolgehalte, markgraad, totale opbrengs en kontrakprys.
  • Te veel besproeiing lei tot erosie, siektevatbaarheid, waterverlies, ekstra energiekoste vir pomp, stikstofuitspoeling en verminderde gewasopbrengs .

 

Effektiewe waterbestuur is belangrik in elke groeifase van ’n aartappel. ’n Lindsay-besproeiingstelsel sal verskeie kernfaktore in ag neem om aan jou spesifieke behoeftes, soos plaaslike mikroklimaat, grondsoorte en hoogtegraad, te voldoen. Aartappels vereis ’n grondvoginhoud wat op ’n relatief hoë vlak gehandhaaf moet word. ’n Oes van 120 tot 150 dae oud vereis 508 mm tot 698 mm water vir die beste opbrengs. Oor die algemeen veroorsaak ’n watertekort in die middel tot laat deel van die groeiperiode ’n swakker oes as ’n watertekort in die vroeë deel①

 

Zimmatic-besproeiingstelsels lewer die presiese hoeveelheid water wat aartappels in ’n sekere stadium benodig. Dit bevat spesiaal ontwerpte sproeierpakkette. BOSS- of VISION-rekenaarpanele laat die kliënt toe om presiese besproeiingskedules te programmeer. Die bekroonde FieldNET deur Lindsay afstandsbestuurstelsel vir besproeiing verskaf historiese besproeiings- en chemikasieverbruiktabelle en stuur waarskuwingsboodskappe na jou selfoon indien daar enige kwessies is.

 

Die Zimmatic-pasmaakafdeling het die unieke en gepatenteerde SmartChip-tegnologie wat meer as 1 000 individuele lesings van jou landery neem. Dit word dan by Lindsay se gepatenteerde virtuele modelleringsagteware ingevoer. ’n Verbruikersaangepaste waterleidingsprogram word ontwikkel om die beste moontlike aanwendingskoers vir jou landery te bepaal. Dit lei tot meer eenvormige aanwending van water, wat uiters belangrik is wanneer jy waardevolle gewasse soos aartappels kweek.

 

 

① Bradley A. King & Jeffrey C. Stark, Potato irrigation management bulletin 789, Idaho-universiteit se koôperatiewe uitbreiding, Moscow, Idaho, 1997