Lindsay.com Menu

Afloopwater

Omgewingsvriendelike munisipale, industriële en landbou-afloopwaterverwydering 

Zimmatic® Land Application Systems neem die uitdaging uit afloopwaterverwydering en wys op die potensiële voordele daarvan.  As jy afloopwater deur middel van outomatiese besproeiingstelsels op jou grond aanwend, gebruik jy die natuur se eie filter. Die suiwerheid van afloopwater kan met behulp van ’n reeks natuurlike chemiese en biologiese prosesse drasties verbeter word teen die tyd dat dit verby die wortelsone deursyfer en die watertafel bereik.

 

Dít laat groeiende gewasse ook toe om die rioolwater as ’n effektiewe bron van water en plantvoedingstowwe, insluitend stikstof, fosfor en kalium, te gebruik. Land Application Systems se aanwending van hierdie voedingstowwe help kunsmiskoste verminder en gewasgroei bevorder.

 

Nog ’n voordeel van Zimmatic Land Application Systems is veelsydigheid. Dit word toenemend vir uiteenlopende aanwendings gebruik, waaronder munisipale waterbehandelinggeriewe, industriële verwerkingseenhede en grootskaalse veevoerprosesse. Zimmatic kan ook by bykans enige veldvorm aanpas en op ongelyke terrein met ’n helling van tot 30% bruikbaar wees. Dít maak dit moontlik om afloopwater op grond aan te wend wat andersins as onproduktief geag sou word.

 

Zimmatic Land Application Systems verskaf ook ’n presiese afleweringstelsel wat grondbehandelingsbestuurders toelaat om by veranderende omstandighede aan te pas deur die roterende spoed en aanwendingstempo te wissel. Dit laat bestuurders toe om die soort rioolwater met grondsamestelling, gewasvoedingstowwe, topografie en ander belangrike faktore te balanseer, om sodoende maksimum effektiwiteit te verseker.