Lindsay.com Menu

Besproeiing

 – Zimmatic is meer as produkte en tegnologie. Zimmatic bied ondersteuningsdienste van professioneel opgeleide besproeiingskundiges wat die beste bestuurspraktyke vir jou sal identifiseer. Ons kundiges sal jou help om jou bedryfskoste te verlaag deur die effektiewe gebruik van insette soos arbeid, energie en natuurlike hulpbronne. Sterk en duursame Zimmatic-spilpunte is 'n vollengte opsie in vergelyking met Greenfield- mini-spilpunte.

  FieldNET deur Lindsay is die bedryf se eerste radionetwerk wat jou in staat stel om jou spilpunte, laterale en pompe gemaklik te bestuur en beheer. Met FieldNET kan jy jou hele stelsel spilpunt vir spilpunt monitor. Jy kan ook die status en posisie van elke spilpunt nagaan, en watergebruikverslae ontvang. As dit enigsins moontlik is, kan FieldNET dit doen.

  Die innoverende GrowSmart deur Lindsay-produkte is ’n reeks met prop-in-en-speel-bykomstighede. Dit help jou om die beste bestuurspraktyke te identifiseer, wat gerief en laer bedryfskoste bied deur die effektiewe gebruik van tyd, arbeid, energie en water.  Hierdie reeks sluit verskeie sensors en Lindsay se presisie wisselbare- besproeiingstelsel in.

 Watertronics-pompoplossings is vir jou spesifieke behoeftes ontwerp. Watertronics se ten volle geïntegreerde pompstelsels en gevorderde beheertegnologie kan saam met bykans enige soort besproeiingstelsel gebruik word, waaronder gholfbane, munisipale stelsels, tuine, spilpunte en sywaartse beweging, drupbesproeiing, wielrol en slangtol, vloedbesproeiing en verwerkings- of afloopwater. Of jy ’n groot korporatiewe bedryf het of 'n klein familieplaas, Watertronics kan pompstelsels ontwerp en bou wat water, krag en tyd bespaar. Deur effektiwiteit en betroubaarheid te verbeter, kan jy laer water- en elektrisiteitsrekeninge en minder onaktiewe tye verwag.

  IRZ Consulting kombineer al vir ’n kwarteeu wêreldklas waterhulpbron-ingenieurswese met tegnologies gevorderde besproeiing-, hulpbronbestuur- en bewaringsdienste vir ons kliënte. Die IRZ-landbouhulpbronspan het jare se "werklike lewe"-ondervinding op plase en velde regdeur die Weste. IRZ se holistiese benadering tot die evaluering van waterhulpbronne lei tot ’n optimale opbrengs en top effektiwiteit.

  Nadat Watertronics ’n behoefte aan verbeterde waterbewaring by nuwe en bestaande geboue geïdentifiseer het, het hulle SkyHarvester®-waterbewaringstelsels ontwikkel. SkyHarvester verskaf ’n enkelbron-oplossing vir elke stap van die waterbestuursiklus, van stelselontwerp en vervaardiging tot installasietoesig en langtermyn-onderdersteuningsdienste.