Lindsay.com Menu

FieldPLUS

 

FieldPLUS

 

Zimmatic FieldPLUS se geartikuleerde spilpuntstelsel stel jou in staat om dele van jou landery wat voorheen nie deur standaard-spilpunte bygekom kon word nie te besproei. As jy ’n veekraal, skuur,  kragpaal of enige ander obstruksie het wat keer dat jy ’n deel van jou landery besproei, is die FieldPLUS-stelsel jou antwoord vir groter produksie.  Die FieldPLUS-stelsel is maklik om te gebruik, betroubaar en vinnig om op te stel.

  • Jy kan ’n groter gebied besproei, wat jou oes sal verhoog.
  • Pas ’n stelsel vir jou probleem-landery aan.
  • Verminder totale koste van eienaarskap met gehalte-konstruksie en ontwerp.
  • Bespaar tyd met die herbelyning na ’n standaard-spilpunt.

Voeg by tot jou bestaande Zimmatic-stelsel.

Spilgewrig 

Die eksklusiewe FieldPLUS-gewrig kan by enige toring geplaas word. Dit lei tot die ontwikkeling van ’n stelsel wat vir ’n spesifieke landery aangepas is.

Outomatiese herbelyning
Die spilgewrig se montering herbelyn outomaties die hele stelsel, wat dit toelaat om as ’n standaard spilpunt te funksioneer.

Dit werk met bestaande stelsels
Die FieldPLUS-spilgewrig kan vinnig en maklik op bestaande Zimmatic-besproeiingstelsels gemonteer word.

GPS
Voeg die krag van die Growsmart GPS-posisiestelsel by vir meer presiese beheer oor water en chemikalieë – voeg ook besproeide hektare/fedane by om jou opbrengs en wins te verhoog.

Veelvuldige FieldPLUS-gewrigte
Veelvuldige skarniere kan op ’n enkele masjien gebruik word vir die beste aanpasbaarheid.