Lindsay.com Menu

Koring

Koring

Behoorlike besproeiing is belangrik in elke fase van koringgroei, vanaf vestiging tot rypwording. By Lindsay neem ons verskeie faktore in ag, soos die plaaslike mikroklimaat, grondsoort en hoogtegraad, wanneer behoorlike besproeiingstelsels ontwerp word om aan jou spesifieke behoeftes te voldoen.

 

Vir die meeste variëteite, en spesifiek vir hoë-produksie variëteite, kan vroeë besproeiing ’n goeie opbrengs lewer, wanneer grond diep is en oor voldoende waterhoudingkapasiteit en gestoorde water beskik. Watertekort en warm, droë, sterk winde gedurende die opbrengsvormingsperiode kan tot verlaagde korrelgewig en krimping van korrels lei.