Lindsay.com Menu

Lusern en Hooi

Lusern en hooi

’n Zimmatic-besproeiingstelsel is meer as net ’n versekeringspolis teen droogtetoestande. Produsente weet dat waterbestuur die sleutel tot die produksie van hoë opbrengste lusern, weiveld en sooi is. Waterstres beïnvloed opbrengs, gewasgroei, ontwikkeling en gehalte. Behoorlike en voldoende besproeiing verkort ook die tyd van saailing tot oestyd.

 

Hoekom Zimmatic vir lusern/hooiproduksie?

  • Verkort besproeiingstyd/verminder arbeid – Zimmatic-stelsels besproei vinniger en met minder arbeid as kantrolle, grootgewere, of soliedgesette sproeiers. Daar is geen moeite met pype skuif of om kleppe oop en toe te draai nie.
  • Laer kragkoste – Zimmatic-stelsels werk teen laer druk, wat heelwat energiekoste bespaar. Spesiaal ontwerpte sproeierpakkette verseker ook optimale waterleiding.
  • Verhoogde produksie – Die opbrengs sal verhoog, want jy kan maklik besproei wanneer nodig en met presies die regte hoeveelheid, met geen stres op die gewas nie.

Hoekom Zimmatic vir sooiproduksie?

  • Arbeidsbesparing – Daar is geen pype om te skuif nie, terwyl outomatiese besproeiing tyd en geld spaar, veral wanneer die GrowSmart FieldNET-afstandsbestuurstelsel vir afstandsmonitering en -beheer gebruik word.
  • Aanpasbaarheid – Die stelsel is buigbaar rakende die gebied wat gedek moet word, besproei net die gebied wat water nodig het en loop droog oor geoeste areas.