Lindsay.com Menu

Produkte | Pompoplossings

Watertronics, ’n Lindsay-maatskappy, is ’n leier in die vervaardiging en dienslewering van landbou-, sportturf-, landskap- en gholfbaanbesproeiing-pompstelsels, asook pompstelsels vir munisipale drinkwater. Watertronics lei ook op die gebied van ontwerp- en beheerinnovasie en bied ’n ten volle geïntegreerde pompstelsel wat jou help om bestendige wateraflewering vanaf rivierstasies, besproeiingreservoirs, kanale en strandmere te verkry.

 

 

Grootste voordele

  • Groter oeste deur meer uniforme wateraanwending en konstante wateraflewering.
  • Onmiddellike energiebesparing.
  • Spaar tot 25% op water en energiekoste.
  • Groter betroubaarheid, omdat die fabriek elke pompstasie toets voordat dit verskeep word.
  • Aflewering as ’n fabriekgemonteerde eenheid vir vinnige installasie bespaar jou tyd en koste.

 

 

Belangrike kenmerke

  • Elke pompstasie word vervaardig volgens jou behoeftes en die toestand van jou landerye.
  • Variable Frequency Drive (VFD)-pompe verseker optimale drukregulering vir die effektiewe gebruik van energie.
  • Electronic Butterfly Valve (EBV) reguleer druk en voorkom oorlading van die pomp.
  • Virtual Vision III se raakskermbeheer vereis geen spesiale instruksies om te onthou nie; dit lyk en voel soos Windows-sagteware. Lesings is ook in Engels of metrieke eenhede.
  • Opsie vir bemestingtoerusting met beheerlogika, ten volle geïntegreer met die pompstasiebeheermeganismes sodat dit maklik opstel, kalibreer, moniteer en beheer.

 

 

Kombineer Watertronics-pompstasies met FieldNET-radio besproeiing-bestuurstelsel en kry dié bykomende voordele:

  • Vermoë om in werklike tyd te funksioneer spaar tyd en arbeid en jy hoef die landerye minder gereeld te besoek.
  • Geïntegreerde pomp- en spilpuntbeheer vir meer effektiewe stelselwerking.
  • Monitor en onderhou elke pomp vir die effektiefste werking.
  • Waarskuwingsboodskappe word in werklike tyd outomaties na jou selfoon gestuur vir enige afwyking van die normale werking.
  • Dynamic Demand Control (DDC) maksimaliseer energiebesparings deur dinamiese drukinstelpunte te gebruik.
  • Voeg ’n gevorderde kragmeter by vir akkurate meting (kW en kW/H) en beter bestuursvermoë.
  • Win verslae in om bestuur oor tyd heen te verbeter.