Lindsay.com Menu

Rys

Rys

Zimmatic-spilpunte verminder watergebruik aansienlik teenoor vloed- of voorbesproeiing. Die gevallestudie gee inligting oor hoeveel bespaar kan word. Die voordele van spilpunte of laterale teenoor vloedbesproeiing sluit in:

  • arbeidsbesparing
  • aansienlike waterbesparing en dus energiebesparing om water te pomp
  • die vermoë om chemikalieë/bemesting meer effektief deur die spilpunt aan te wend wanneer nodig
  • minder broeiplek vir muskiete

 Energie

Spilpuntbesproeiing-gevallestudies dui waterbesparing van 20% tot 50% aan in vergelyking met vloedbesproeiing. Omdat hierdie water gepomp moet word, is daar geen korrellasie tussen waterbesparing en energiebesparing nie. Die Michael McCarty-gevallestudie in Osceola in Arkansas het 'n energiebesparing van 37% opgelewer vir ’n waterbesparing van slegs 21%.

 

Deur Zimmatic-spilpunte met Watertronics-pompstasies vir rysbesproeiing te kombineer, kan selfs groter effektiwiteit bereik word. Slegs Lindsay bied FieldNET met pompbeheer wat die spilpunte en pompe in een beheerstelsel integreer. Dié unieke produk skakel pompe aan en af na gelang van veranderings in aanvraag, terwyl dit die individuele pompe se leeftyd verleng. Elke pompstasie is vir die spesifieke besproeiingsprojek aangepas en is deur die fabriek getoets om grondbetroubaarheid te verseker.

 

 

Aanpasbaarheid

Die kweek van rys onder spilpuntbesproeiing eerder as tradisionele vloedbesproeiing hou verskeie bykomende voordele in, buiten water-, energie- en arbeidsbesparing. Een van die grootste voordele is die bykomende aanpasbaarheid wat dit jou boerdery en markpotensiaal bied.

 

Die voordele en moontlikhede sluit die volgende in:

•             kweek rys op ligter grond, wat tradisionele vloedbesproeiing nie kan hanteer nie

•             stel nuwe areas, soos skuins grond of bergagtige terrein, oop vir ryskultivering

•             roteer rys met ander gewasse om grondtoestand/vrugbaarheid te verbeter

•             verhoog aanpasbaarheid van verskillende gewasse om deur rotasie aan markaanvraag te voldoen

•             skakel die behoefte vir poeling uit en verminder grondbewerkingvereistes

•             vroeë reënval sal minder waarskynlik die ontkiemende rys (direk gesaad) verdrink

•             landerye sal droër wees, wat lei tot ’n vroeër oes

•             verminder die slytasie op masjinerie

 


 

Omgewing

Die gebruik van spilpuntbesproeiing vir rys teenoor vloedbesproeiing hou talle voordele vir die omgewing in.

 

Die grootste voordele sluit in:

•             gebruik minder water, bewaar ’n waardevolle hulpbron

•             skakel broeiplekke vir siektedraende muskiete uit

•             verminder kweekhuisgasvrystellings wat algemeen by vloedlande voorkom

•             verminder pomping, wat minder energieverbruik en ’n vermindering in vrystellings beteken

•             laat gewasrotasie toe, wat grondgesondheid verbeter

 

Noodsaaklike vereistes vir die suksesvolle spilpuntbesproeiing van rys sluit in:

•             die gebruik van verbeterde genetiese variëteite van rys

•             ’n omvattende chemikalieë- en bemestingskedule

•             die gebruik van die korrekte sproeierpakket, ontwerp vir rysbesproeiing

•             roterende gewasse

•             nuwe monitoroplossings vir beter drywing, waar nodig

•             afstandbeheer en -monitering van spilpunte vir arbeids- en waterbesparing

 

 

Chemikalieë en bemesting

Die bestuur van chemiese en kunsmishulpbronne by rys is makliker as ooit met GrowSmart se reeks inspuitstelsels.

 

Die gebruik van ’n spilpunt om kunsmis en chemikalieë aan te wend hou baie voordele in, waaronder:

  • eenvormige en presiese chemiese en kunsmisaanwending
  • maklike, outomatiese inwerking en aktivering van die chemikalieë
  • die moontlikheid om minder chemikalieë te gebruik, asook kleiner aanwendingskoste in vergelyking met vloedbesproeide ryslande
  • minder foute deur die operateur en kleiner omgewingsgevaar as gevolg van laer konsentrasies chemikalieë, minder hantering van chemikalieë en minder moontlike chemiese uitspoeling en afvloei

Opbrengs

’n Grondkaart van ’n landery in Osceola in Arkansas (figuur 1) wys ’n stuk leemagtige sand wat deur die lengte van die landery loop en sal keer dat die landery vloedwater vir tradisionele rysproduksie hou.  Die rooi sirkel omlyn rofweg die area van die landery wat 'n Zimmatic-spilpunt besproei.

 

Die suidelike helfte van die landery is met rys beplant en deur die Zimmatic-spilpunt besproei.  ’n Opbrengskaart van een van twee stropers wat gebruik is om die landery te oes (figuur 2) wys die uitstekende eenvormigheid van die voortspruitende rysoes.  Variasies in rysopbrengs het nie patrone getoon wat aan wateraanwending deur die spilpunt gekoppel kan word nie (wat as boë of bande oor die landery sal voorkom). 

 

Nabye ondersoek van die data het aangedui dat die rysopbrengs vermeerder het sodra die tekstuur van die grond ligter geword het (figuur 3).  Die hoogste opbrengs van 10,6 MT/ha is in die ligste tekstuur grond (fyn sanderige leem) aangeteken.  Die resultate wys dat rysgroei onder spilpunte dieselfde opbrengs kan hê as met tradisionele vloedbesproeiing.

Arbeid

Outomatiese spilpuntbesproeiingstelsels spaar op arbeid. Die stelsels is nie net outomaties nie, maar kan van ’n afstand af deur middel van die FieldNET-telemetriese stelsel gemonitor en beheer word. Spilpunte kan ook maklik kunsmis aanwend, wat die lugaanwending van stikstof se koste uitskakel.

 

Benewens besparings op besproeiingsarbeid, het die Universiteit van Arkansas bykomende besparings op die volgende gebiede aangedui:

•             opmeting van oewerwalle

•             trek van oewerwalle

•             installering van oewerwalhekke

•             verwydering van oewerwalhekke

•             afbreek van oewerwalle

•             besproeiingsarbeid

•             herstel en onderhoud

As jy ’n nuwe stuk grond begin bewerk, kan die gebruik van spilpunte jou die koste van die aanvanklike landopmeting, lasergelykmaking en ander grondvoorbereiding spaar.

Rys

Water

Outomatiese spilpuntbesproeiingstelsels lewer die presiese hoeveelheid water wat op ’n presiese oomblik vir jou rysoes benodig word.  Ryskwekers in Australië, Brasilië en die VSA het al waterbesparing van 20% tot 50% met spilpuntbesproeiing bewerkstellig, in vergelyking met tradisionele vloedbesproeiing.  Dit word bereik deur outomatiese beheermeganismes en spesiaal ontwerpte sproeierpakkette toe te pas. Rys is ’n vlak wortelgewas en swaar wateraanwending kan probleme veroorsaak. Spilpuntbesproeiing maak dit moontlik om rys op sanderiger landerye te plant, iets wat onmoontlik was met die gebruik van vloedbesproeiing.