Lindsay.com Menu

Padveiligheid Produkte | Tydelike versperrings

Tydelike versperrings

 

ArmorGuard™-staalversperring

 

NCHRP 350 TL-2/3-lengte-versperring

Die ArmorGuard-staalversperringstelsel is ontwerp vir kortstondige, korttermyn-werksones, waar maksimum draagbaarheid en positiewe versperringsbeskerming vereis word. Die staalversperringstelsel is in seksies van 28' (8,5 m) beskikbaar. Die ArmorGuard-stelsel kan vinning en maklik oopgemaak en geposisioneer word, sonder duur elektriese kragtoevoer, gesofistikeerde beheerstelsels of swaar toerusting. ArmorGuard-seksies (links) word deur ’n handslinger of opsionele saamgeperste lug opgelig en neergesit. Die ArmorGuard-versperringseksies kan per hand, met ’n vurkkraan , met ’n voorlaaier of met ’n bakkie sywaarts geskuif word. Elemente kan in kombinasie met  draagbare betonversperrings geheg of gelas word om beheerde terreine te skep. Staalversperring-installasies is draagbaar en maklik verskuifbaar om veiligheid in die werksone te maksimaliseer.

 

Die ArmorGuard-staalversperringstelsel is ten volle getoets in ooreenstemming met die evalueringstandaarde in die NCHRP-verslag 350, toetsvlak 2 en 3 (70 en 100 km/h).

 

Die ArmorGuard-staalversperringstelsel is ontwerp vir gebruik in enige kortstondige, korttermyn-werksone.

 

Kenmerke en voordele

  • Vinnige en maklike ontplooiing.
  • Kan sywaarts of longitudinaal beweeg word om verkeersvloei en werksonespasie te optimaliseer.
  • Hoë beweegbaarheid verskaf buigbaarheid.
  • Kan as ’n hek en/of versperring gebruik word.
  • Pneumatiese opsie vir wiel-aktivering beskikbaar.
  • Rubbermatjies en wiele beskerm padoppervlak wanneer versperrings beweeg word.
  • Geen spesiale toerusting word by die werkterrein vereis nie.
  • Geen elektriese/beheerstelsels word vir bedryf vereis nie.    

 

Algemene spesifikasies

  • stelsellengte – 853 cm
  • basiswydte – 71 cm
  • hoogte – 84 cm
  • standaard TL-3-defleksie – 193 cm