Lindsay.com Menu

Padveiligheid Produkte | Vragmotor-gemonteerde demper - TMA

 

 

Vragmotor-gemonteerde demper - TMA

U-MAD vragmotor-gemonteerde demper

NCHRP 350 TL-2/3 TMA

U-MAD Truck-mounted Attenuators (TMA’s) bied uitstekende prestasie en lewensikluskoste, asook vinnige, eenvoudige opknapping. Die U-MAD TMA is beskikbaar vir gebruik in werksones met ’n spoedvermoë van 70 tot 100km/h. Dit bied ’n wye verskeidenheid beskermingsmaatreëls vir werkers, motoriste en toerusting. Die U-MAD TMA het die streng NCHRP 350 TL-2- en TL-3 kriteria vir verpligte en opsionele toetse geslaag. Dit is ontwerp om energie tydens botsings te absorbeer en skade aan toerusting te verminder. Ná ’n ontwerp-impak moet slegs die kasset vervang word. Die U-MAD TMA kan uit ’n verskeidenheid monteringstelsels, hidroulika en beheerders saamgestel word om installasie, gebruik en onderhoud so maklik as moontlik te maak. 

Monteringsopsies

  • sokhaak
  • aanbout
  • agterklapmontering vir stortvragmotors
  • kitsaansluiting
  • verlenging
  • platbakmontering

Die U-MAD TMA is ideaal vir stilstaande prosesse, soos die herstel van botskussing-veiligheidsrelings of padoppervlakke waar die vragmotor as ’n versperringsvoertuig dien. Dit is ook ideaal vir stadig bewegende prosesse soos streep, merk of ploeg, waar die vragmotor as ’n skaduvoertuig dien.

 

Kenmerke en voordele:

  • Slegs die kasset hoef ná ’n ontwerp-impak vervang te word.
  • Slaag alle verpligtende en opsionele NCHRP 350 TL-2- en TL-3-toetse.
  • Ontwerp om die impakterende voertuig en ondersteuningvoertuig in die rybaan te hou, selfs ná ’n hoek-impak.
  • Kassette is uitruilbaar met die U-MAD sleepwa-TMA, wat inventariskoste verminder.
  • Liggewigstelsel.
  • Talle buigbare monteringopsies.
  • Opsionele kajuitgemonteerde beheerders.

Algemene spesifikasies:

  • lengte van TL-3 –  4,19 m
  • gewig – 590 kg
  • lengte in bergingsposisie – 381 cm

 

 

Vragmotor-gemonteerde demper - TMA

U-MAD SLEEPWA

NCHRP 350 TL-2/3 TMA

Die U-MAD sleepwa TMA is ’n herbruikbare sleepwa waarvan slegs die standaard U-MAD TMA-kasset ná ’n ontwerp-impak vervang hoef te word. Die U-MAD sleepwa TMA is ontwerp om ’n swerwende voertuig tydens ’n ontwerp-impak te vang en hou die geimpakteerde en impakterende voertuie in dieselfde rybaan. Die U-MAD sleepwa TMA voldoen aan al die verpligtende en opsionele NCHRP 350 TL-3-vereistes. Dit is ook as ’n TL-2-stelsel beskikbaar. Die U-MAD sleepwa TMA gebruik die beproefde energie-absorberende kassetaksie. Kort lengte, maklike herstelling en buigbare monteringopsies het die U-MAD TMA wêreldwyd gewild gemaak. Toepassings vir die U-MAD familie TMA’s sluit streep, merk en padploeg in, asook stilstaande padonderhoudbedrywe soos die herstel van botskussings, veiligheidsrelings en padoppervlakke.

 

Kenmerke en voordele:

  • Voldoen aan NCHRP 350 TL-3 toetskriteria met pylbordopsie.
  • Slegs die kasset hoef ná ’n ontwerp-impak vervang te word.
  • Slaag alle verpligtende en opsionele NCHRP 350 TL-2- en TL-3-toetse.
  • Sleepwa is herbruikbaar ná ’n ontwerp-impak.
  • Ontwerp om die impakterende voertuig en ondersteuningsvoertuig in die rybaan te hou, selfs ná ’n hoek-impak.
  • Gebruik standaard U-MAD TMA TL-2- of TL-3-kassette, wat inventariskoste verminder.
  • Koppel vinnig aan ’n standaard sleephaak.

 

U-MAD TMA’s word wêreldwyd gebruik om werksones veiliger te maak. U-MAD sleepwa TMA-eenhede kan gebruik word om swerwende motoriste wat met stadig bewegende of stilstaande werkvoertuie bots te beskerm. Dit verbeter die motoris se veiligheid en beskut die ondersteuningsvoertuig en snelwegwerkers. U-MAD sleepwa TMA’s bied die beste in buigbare, laekoste-beskerming in enige korttermyn-werkarea waar snelwegwerkers of -toerusting die beskerming van ’n ondersteuningsvoertuig benodig. Die unieke ontwerp verseker ook dat die U-MAD sleepwa TMA weer gebruik kan word ná impak deur eenvoudig die kasset met ’n standaard U-MAD kasset wat maklik installeer te vervang.

 

Algemene spesifikasies:

  • lengte van TL-3 – 6,55 m
  • gewig – 1 145 kg
  • padtoets –  4 000 km